"Regtig? Ek ken nie juis Bettysbaai nie, het al per geleentheid daar deurgery, pragtige plek, maar nog nooit gehoor van Bettysbaai Wildtuin nie! Klink interessant, vertel my meer daarvan?"
"Wel... nou-ja... dis nou nie juis of dit geadverteer word nie, behalwe miskien vir die pikkewyne waarvoor daar een of twee aanwysingsborde is... En... dis ook nou nie 'n 'amptelike wildtuin' nie, maar sommer ons eie privaat wildtuin wat ons vanaf ons voorstoep wat uitkyk op die Buffelstalberge, kan geniet en dit nogal met die geruis van die see aan die ander kant, in ons ore!"





















Subscribe to RSS Feed