Kleinmond, Western Cape, South Africa
Information & Inspiration from the southern-most tip of Africa. designed for mobile. Speedy, to the point, and easy on your data!
Kleinmond, South Africa ,

Anna Davel in Konsert

Apr 30, 2017 @ 3:00 pm  —  Apr 30, 2017 @ 4:30pm

FavoriteLoadingADD TO FAVOURITES

Anna Davel in Konsert
Begeleiding deur Matthys Maree
Konsert by 1ste Laan, NG Kerksaal, Kleinmond. (nie meer by Cinema in the Shed nie!!)

Kaartjies: R120 pp. Groepe meer as 8 persone betaal R100pp.

Deure open – 14:00
Vertoning begin – 15:00
Kaartjies – R120
Verkrygbaar by Albertyn Apteek, Die Bloubakkie, Hangklip-Kleinmond Toerismekantoor of skakel vir Miemsie by 083 445 2684 / cinemaintheshed@gmail.com

Bring jou piekniekmandjie, met eet en drinkgoed plus borde en glase.

Kom geniet musiekhoogtepunte met ‘n verskeidenheid so reg in Anna se styl; ‘n program van o.a. musiek van haar nuutste album ‘Moment’ en ook ‘n paar gunsteling songs uit haar repertoire die afgelope 15 jaar, soos ‘Die gypsy in jou oë’. Daar is iets vir elke smaak – jazzy, smokey Latino ritmes, Swingende bossa nova’s en dan natuurlik ‘n paar oorspronklike heuning-ballades vir die somber siele! Swing musiek van die vorige eeu (Frank Sinatra, Nat King Cole, Nina Simone) word afgewissel met oorspronklike musiek uit haar eie pen.

Die afgelope 16 jaar was daar 9 album-vrygestellings asook ʼn DVD. Haar eerste album is vrygestel in 2000, en meer as ‘n 15 jaar later sing sy nog steeds die land aan die brand. Anna het, buiten haar 4 oorspronklik ablums, ook 2 Engelse jazz albums (Linger en Linger Longer), ʼn Afrikaanse Jazz album (Blues & Susters met Ollie Viljoen) en ʼn kinderalbum (In die land van Kammalielie) vrygestel, en deur haar loopbaan was daar heelwat hoogtepunte; verskeie samewerkings, nominasies, toekennings en verhoogproduksies o.a.; 4 x SAMA nominasies en ʼn SAMA toekenning vir Beste Afrikaanse kontemporêre album, ‘n Huisgenoot Tempo toekenning vir ‘Blues&Susters’ asook ʼn Ghoema en Tempo nominasie vir haar kinderalbum ‘In die land van Kammalielie’. Die produksie Landskap is genomineer vir ʼn Woordtrofee tydens die Woordfees 2107.

As well as performing some of her award winning original music, Anna will also showcase some music of the big band era and other cover songs in a fresh way that is so characteristic to Anna’s smoky jazzy style. She varies the programme by including luscious Latino rhythms, swinging Bossa Novas and her own signature moving ballades.

Sharing is caring!



Event Venue


  • Venue
    Kleinmond, Western Cape, South AfricaInformation & Inspiration from the southern-most tip of Africa. designed for mobile. Speedy, to the point, and easy on your data!
  • About
    Information & Inspiration from the southern-most tip of Africa. designed for mobile. Speedy, to the point, and easy on your data!
  • Follow On

Event Details


Upcoming Events